
=====================================================================
Veeltaligheid is 'n bron van kennis (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Veeltaligheid is 'n bron van kennis

Gawie Keyser   gesels met prof. Guus Extra oor sy studie oor veeltaligheid in Nederland.

VAN regoor die wreld stroom mense na die ryk Noorde om politieke asiel te vra of om hul droom van 'n beter toekoms te verwesenlik -- met 
as gevolg 'n vloedgolf van tale en kulture wat oor groot stede in Wes-Europa spoel.

Ontstaan etniese minderhede wat nouliks integreer en wat weens hul gebrek aan Wes-Europese taalvaardighede in 'n uitsiglose 
agterstandsposisie vasgevang word?

Allermins, s prof. Guus Extra, Nederlandse taal- en minderhede-ondersoeker: "Veeltaligheid is 'n verryking deurdat dit vir ons 'n groot 
bron van kennis is."

As taalwetenskaplike verbonde aan die Katholieke Universiteit Brabant in Tilburg het prof. Extra in opdrag van die Haagse plaaslike 
owerheid saam met kollegas 'n merkwaardige studie oor veeltaligheid onder horskoolleerlinge voltooi.

Di Nederlandse akademikus ken ook die Suid-Afrikaanse taallandskap uiters goed. Saam met Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het hy selfs al 
navorsing verrig waarin die taalrealiteit van die "renboognasie" met di binne die Europese Unie vergelyk word.

Sy nuwe ondersoek na veeltaligheid in Nederland bied insigte in die Suid-Afrikaanse werklikheid -- juis omdat baie van sy bevindings teen 
denke oor etniese minderhede in 'n multikulturele samelewing indruis.

S val dit op dat prof. Extra groot nadruk op die deugdelikheid van veeltaligheid en die multikulturele samelewing l. Dit is anders as die 
heersende ideologie waarvolgens van buitelanders ("allochtonen" in Nederlands) verwag word om so gou moontlik die Nederlandse taal en 
kultuur hul eie te maak.

In sy eindverslag wys prof. Extra op twee opvallende kenmerke van die Nederlandse owerheidsbeleid: "Die beleid rig hom sodanig op sosiaal-
ekonomiese agterstand dat etnies-kulturele verskille buite beskouing bly. Daarby word verskil dikwels met agterstand gelyk gestel en bly 
bepaalde etnies-kulturele groepe (waaronder die Chinese gemeenskap) onderbelig."

Identifikasie van etniese minderheidsgroepe en wat hul taalbehoeftes is, moet volgens hom sentraal staan.

Uit sy Haagse ondersoek -- 'n gevallestudie wat verteenwoordigend van die situasie in die hele Nederland is -- het geblyk dat 78 
verskillende "allochtone talen" in di stad gepraat word. Een uit twee horskoolleerlinge praat met ander woorde 'n ander taal as 
Nederlands tuis.

Die tale wissel van onder meer Chinees en Engels tot selfs Zoeloe en Afrikaans.

Die doel van die studie was om di taallandskap duidelik in beeld te bring -- en veral ook om vas te stel watter behoefte onder die 
buitelandse leerlinge bestaan om onderwys in hul moedertaal te ontvang. Prof. Extra het gevind dat leerlinge "allochtone talen" tuis 
lewendig gebruik -- ondanks die feit dat Nederlands die onderwysmedium is. In die gebruik van die moedertaal speel die ma 'n onontbeerlike 
rol.

Verder het geblyk dat baie immigrante taal as 'n kernwaarde van kulturele identiteit sien. Tog is dt nie altyd die geval nie. Prof. Extra 
noem die voorbeeld van Indirs in Suid-Afrika wat hul eie tale vir Engels as huistaal verruil het. "Vir Afrikaanssprekendes byvoorbeeld is 
daar weer gn belangriker kulturele waarde as taal nie," s hy.

Nog 'n gevolgtrekking wat danksy die studie gemaak kan word, is dat veeltalige kinders nie in beginsel slegter op skool vaar as kinders wat 
slegs Nederlands praat nie. Daar is dus geen "taalagterstand" wat goeie prestasies in die weg staan nie. "Daar moet meer na ander redes vir 
'n agterstand by buitelandse kinders gekyk word," s prof. Extra.

Hy wys daarop dat lewendige moedertaalgebruik nie vir buitelandse kinders 'n belemmering is om Nederlands te leer nie.

Die taalwetenskaplike het voorts vasgestel dat buitelandse kinders 'n behoefte aan onderwys in hul "tuistaal" het. Dt geld Chinees, 
Arabies, Italiaans, Papiamentoe, Hindi en Turks. Interessant is dat die behoefte aan onderwys in "allochtone" tale nie slegs by die 
moedertaalsprekers bestaan nie, maar ook by ander taalgroepe, waaronder leerlinge wat slegs Nederlands as huistaal het.

Wat die Nederlandse owerheid in die toekoms met di bevinding doen, hang baie af van die (geldelike) middele vir die vorming van 'n 
plaaslike onderwysbeleid.

Prof. Extra beveel aan dat Den Haag met owerheidsteun 'n begin sou moet maak met onderwys in vreemde tale waaraan 'n "prioriteitstatus" 
verleen word. Di status hang af van die omvang van die betrokke taalgroep, sy vitaliteit en die beskikbaarheid van leermiddele en van 
dosente.

In hoeverre onderwys in die moedertaal van buitelandse kinders moontlik is, is regstreeks aan desentralisasie gekoppel. In die Nederlandse 
situasie bied die afwenteling van die onderwysbeleid na plaaslike owerhede "skole nuwe kanse om in onderlinge samewerking 'n nuwe beleid 
insake onderwys in buitelandse tale te ontwikkel".

Prof. Extra bepleit 'n "multikulturele taalbeleid wat verder gaan as die bestryding van agterstande van buitelandse kinders". Dt beteken 
'n taalbeleid vir alle leerlinge. Hierby moet die tradisionele skeidslyne tussen die onderrig van vreemde tale aan Nederlandse kinders en 
moedertaalonderwys aan buitelandse kinders verdwyn. Nederlandse kinders moet saam met buitelandse kinders in een klas Spaans leer, of 
Italiaans, of Turks, ensovoorts.

Hierdie ondersoek roep egter vrae oor die integrasie van buitelanders op. Is dit nie ook uiters wenslik dat immigrante so gou moontlik n 
aankoms die Nederlandse taal hul eie maak nie? Sodat hulle volwaardig aan die samelewing kan deelneem nie?

Prof. Extra reageer: "Wat beteken 'integrasie' presies? Wanneer word integrasie dieselfde as assimilasie? Myns insiens sal dit beter wees 
om te erken dat ons weens migrasie met baie ander kulture gekonfronteer word. En dat ons di kulture aanvaar soos hulle is."

Onlangs het die Sociaal Cultureel Planbureau, 'n belangrike raadgewer van die regering, nogal 'n groot opskudding veroorsaak deur in 'n 
ondersoek aan te toon dat daar in Nederland geen sprake van 'n multikulturele samelewing is nie. Die belangrikste oorsaak is die feit dat 
die Nederlandse kultuur ondanks die groot invloede van ander kulture nog steeds oorheers.

Prof. Extra vind di standpunt "onsinnig". "Die syfers toon onomwonde dat van elke twee kinders wat vandag in die groot stede gebore word, 
een 'n ander taal tuis praat en aan 'n ander kultuur blootgestel word as die Nederlandse. Die vraag ontstaan dan watter groep moet 
integreer? Die minderheid is naamlik vinnig besig om 'n meerderheid te word. Die begrip 'buitelander' verloor sy betekenis."

Hy vermoed dat Nederlanders moeite met vreemde tale as huistaal het, omdat hulle probleme met hul kulturele identiteit het.

Navorsing het aangetoon dat Nederlandse immigrante feitlik oral ter wreld die gouste van alle immigrante hul moedertaal ten gunste van die 
heersende taal prysgee. 'n Groot groep Nederlanders stel dus hul taal nie aan kulturele identiteit gelyk nie; taal is vir hulle geen 
kernwaarde van identiteit nie.

Waarom oordeel prof. Extra so positief oor veeltaligheid?

Veeltaligheid is 'n feit, veral as die Nederlandse situasie in die konteks van die steeds groter wordende Europese Unie geplaas word.

"Dis duidelik dat Engels hom ten koste van Frans as lingua franca in Europa ontwikkel, terwyl die taalspektrum in die hele Unie 
veelkleuriger word," s prof. Extra.

En dt sou beteken dat Nederlanders onder die koepel van die Europese Unie in "buitelanders" verander -- "allochtonen" -- van wie verwag 
word om te "integreer".   Gawie Keyser is korrespondent van Afrikaans Vandag in Amsterdam.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5520.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

